Oh my word… TOTAL RANT ALERT!!!
Kom nou net van die supermarket af… kyk hier ne, eks nou vies oor n pakkie bacon. BACON. Dis Vrydag, en eks kwaad oor bacon. Wel nie die bacon nie…die tannie by die bacon!
Ek gaan die naweek vir die eerste keer in meer as 2 jaar n hoender ontbeen… iets wat ek in elk geval nog net een of twee keer in my lewe gedoen het. Dis nie so insane soos dit klink nie. Ek dink daar is vyf stappe. Maar ja, dit is so klein bietjie soos n WWE match tussen jou, n vrek skerp mes en n hoender karkas.
As die hoendertjie nou mooi sy gat van 4 kante af gesien het, sit jy met n perfekte reghoek van pure hoendervleis.. ja die soort op jou arm ook, want jy kan nie glo jy het nog al jou vingers nie. Dan is dit die fun deel. Stuffing the chicken. Dit begin gewoonlik met bacon. n Laag bacon en DAN net wat jou hart begeer. Ek het die keer besluit op my ou favourite… Bacon, feta en peppadews. Kyk ek is al klaar versigtig met my peppadews wat ek elke keer van die Spaza shop af bestel, want dis so skaars soos hoendertanne. (Sorry ek moes!) Maar ek het besluit op my gunstelling en dis waarby ek bly.
Ek sou nie supermark toe gegaan het nie, maar boyfriend kom iewers vanaand net voor die son opkom by my aan en dan is die man dors. Hy is freakin altyd dors! Die het toe gevra dat ek asseblief gaan Coke Zero koop. Gelukkig vir hom stop my Vrydag bus van die skool af reg voor die supermark. Boyfriend gaan ook n hoender maak, so ek besluit toe maar om nog n pakkie bacon te koop toe ek sien hulle het in voorraad… want dit is ook nogals n luck en eks nul lus om more E-Mart toe te stap in hierdie somerweer wat lyk my NOOIT gaan verander nie.
Ek is nie n moeilike mens nie. Regtig nie. In fact, ek het baie meer geduld as dit kom by shopping in hierdie oorbevolkde land. Boyfriend is nou weer anders om. In die week looove hy sy “elementary kiddies”. In die naweek is hulle vir hom die satan self. En moenie dink sy gesig wys dit nie.
Maar as daar een ding is wat ek nie kan verdra nie, en ja miskien is dit die kultuur, is dit die adjummas (ou getroude tannies… of die wat oud genoeg is dat hulle al getroud moes wees!) wat dink hulle own die plek. Soos ek se.. geduld. Gee my n ou tannie wat die beste perskes uitsoek in Pick n Pay en ek sal 5 minute vir haar staan en wag – no problem. Maar die adjummas….
Kyk eers spot jy hulle al so 50 meter weg… want daai shocking silky blommetjies broek wat PERFEK pas by die neon pienk hiking baadjie… en dan die mooi ou-tannie-kousies by die blou plastic plakkies.. hot!! Dis fine. Ek het dit aanvaar en hulle is vir my eie aan Korea. Maar dan gebeur wat vandag met my gebeur het…. en elke donnerse dag met ten minste een waygook gebeur.
Ek staan nie n meter weg van die bacon en strek asof ek regmaak vir die olympics nie. Ek staan VOOR die bacon. Kophoogte. Tannie Adjumma staan so 3 tree links van my, VOOR die crab sticks. Maar Korea se verpakkingvermoe het nie plek gemaak vir die waygook vs. ajumma shopping spree nie. Want Adjumma soek nou die crab sticks wat voor my is… net onder die bacon. Kyk hier dis nie asof ek staan en kyk vir die mooi bacon stukkies nie. Ek weet hulle is skaars, maar dis warm en ek wil klaar shop voor ek chocolates koop. Maar wragtag. Sal nie 10 sekondes wag dat ek my pakkie bacon vat vir my WWE Hoender Wrestle nie. Nee. Look! A flying waygook! Sy het my nie uit die pad gestamp nie, nee. Sy het haar mandjie so onder my sy ingeWURM.. Kom ons SKROEF die waygook uit die pad! En daar staan sy. En kyk na die blerrie mooi pienk krap koekies!
Eers probeer ek so semi sarkastiese beweging. Staan asof my voete gesement is in daai plastic vloer, want tannie jy is mos nou net blerrie onbeskof! Maar nee. Die mandjie los seker al bloedmerke en my ribbes wil wil ingee. So toe probeer ek die ander tegniek. Vat n helse tree regs en staan en staar vir haar… Maar nie eers body language kan vertaal word vir n adjumma nie. En dis toe wat ek besef… Sy gaan dit nooit verstaan nie. So toe speel ek maar liewer haar speletjie. Strek toe maar regtig vir die olympics bo oor haar, haar mandjie en haar prized krap en vat my flippen bacon. Loop toe maar weg met n “Dis nou flippen vertraag!”. Sy het my nie verstaan nie, maar ek ignoreer daai feit.
Mag ek as ek in Suid Afrika is, onthou dat die ou tannies en ooms freaking awesome is!
EDIT: 11/10/2011 Wow, that must have been a bad-mood day! LOL! But I can’t help thinking “only in Korea” when it comes to shopping. When I was back home in September, I felt like everybody thought I had some disease. Soooo much space in Pick n Pay! In Korea, shopping = bumber car(t)s. I honestly shouldn’t shop when I’m feeling moody.. I might leave without a boyfriend… but this is really how I feel sometimes – (See attached pic) My goal is to buy Mayo. Only Mayo. The pink dots are all the times I have to stop to avoid a collision. Those are also the times where I want to scccrreeeaaaammmm. The red part is where I decided “F&ck the Mayo.”
